Ons Storie
In September 2023 het daar ongelooflik baie reën in die Wes-Kaap geval. Die vloede wat gevolg het, het die N2 weggespoel en die pad is gesluit. Henk was oppad Stellenbosch toe vir sy eksamens. Hy moes noodgedwonge sy trip Stellenbosch toe kort knip en terugkeer huistoe.
Na 'n redelik moedelose soektog na nog 'n lift het Henk weer op die George-liftgroep gevra of iemand die volgende dag 'n kans gaan vat om Kaap toe te ry. Tot sy groot vreugde, was die enigste persoon wat die volgende dag gery het, Anika.
Op pad Kaap toe het ons die hele rit lank mekaar se geselskap so geniet. Teen die einde van daardie jaar het ons elke kans aangegryp om weer saam te kuier. Dit was 'n groot bonus dat ons albei in George gebly het, want dit het beteken ons kon mekaar die hele vakansie lank sien!
Die kuiertjies het al hoe lekkerder geword, en Henk het nie lank gevat voor hy sy liefde aan Anika verklaar het nie. In Mei 2024 het hy haar op Sunset Beach met 'n romantiese piekniek uitgevra.
In die jaar en 'n half wat gevolg het, het ons saam hope avonture in die Kaap beleef. Ons het saam gegroei en elke dag net liewer vir mekaar geword.
Een van ons gunsteling-naweekaktiwiteite is fietsry, en tydens een van hierdie ritte in November 2025 het Henk vir Anika gevra om met hom te trou.
Die antwoord was natuurlik 'n klipharde: "Hectic! Ja!"